*KENNISGEWING*…

1 min read17 views

*KENNIS GESKIED HIERMEE* dat die beplande tydelike kragonderbreking vir vandag, *20 Oktober 2026 vanaf 08h00 tot 12h00, TYDELIK UITGESTEL is tot verdere kennisgewing.*

Die Munisipaliteit wil die gemeenskap inlig dat hierdie onderbreking nie vandag sal plaasvind soos voorheen aangekondig nie.

*Rede vir uitstel:* Onvoorsiene tegniese redes.

*Wat beteken dit vir u?*

– Daar sal *GEEN* kragonderbreking vandag tussen 08h00 en 12h00 plaasvind nie.

– Kragtoevoer sal normaalweg voortduur.

– ‘n Nuwe datum sal betyds aangekondig word.

Ons vra om verskoning vir enige ongerief en bedank u vir u begrip.

*Vir navrae, kontak ons 24-Uur Inbelsentrum via WhatsApp: 079 049 1101*

*Uitgereik deur:*

Kantoor van die Munisipale Bestuurder

20 Oktober 2026

View this post on Facebook

Share:

More from Kai !Garib Municipality