*MUNISIPALE KENNISGEWING: VORDERING RAKENDE KRAGONDERBREKING…

1 min read25 views

*Fase 5, Langverwag Gebied

Geagte Inwoners

Die Munisipaliteit bevestig dat die betrokke gebied reeds vanaf Vrydagaand, 21 Augustus 2026, sonder elektrisiteitsvoorsiening is as gevolg van ‘n kabel wat gebrand het.

Die Elektriese Afdeling gaan *vandag, Sondag 23 Augustus 2026, voort met herstelwerk.*

Alles word in die werk gestel om die diens so spoedig as moontlik te herstel.

Die Kai!Garib Munisipaliteit bied sy opregte verskoning aan vir die ongerief wat hierdeur veroorsaak word en bedank u vir u geduld en begrip.

Uitgereik deur:

Die Munisipale Bestuurder

Kai!Garib Munisipaliteit

23 Augustus 2026

View this post on Facebook

Share:

More from Kai !Garib Municipality